NVG verseker vierde bewaringsbevel vir R3 m. verwant aan ‘onwettige myn-aktiwiteite’

Lees ook :

Foto's: NVG

GAUTENG. – Die NVG se batebeslagleggingseenheid in Pretoria het Donderdag in terme van die voorkoming van georganiseerde misdaadwet 122 van 1988 ‘n bewaringsbevel vir meer as R3 m. in die hooggeregshof vir onwettige myn-aktiwiteite bekom.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê dit is die vierde bevel wat bekom is. Die bevel wat Donderdag toegestaan is, is om eiendom wat aan Bethuel Ngobeni, Lerato Bathebeng, Poppy Mathongwane, Dumisani Moyo, Nhlanhla Leon Magwaca, Neo Susan Duba en Thabo Sechele behoort, te bewaar omdat dit glo opbrengste is van onwettige aktiwiteite van ‘n sindikaat wat met onbewerkte goud in Khutsong en Carletonville handel dryf.

Mahanjana sê die volgende stap is verbeurdverklaringsbevele en wanneer dit toegeken word, sal die eiendomme op ‘n openbare veilig verkoop word en die kontant in die kriminelebateherwinningsrekening inbetaal word.

Die saak teen die beskuldigdes sal op 24 Julie in die hooggeregshof begin nadat dit van Oberholzer-landdroshof oorgeplaas is.

Klagtes sluit geldwassery en rampokkery in.

Mahanjana sê voor die vierde bewaringsbevel was die ander drie bevele op onderskeidelik 31 Julie 2023, 7 Augustus 2023 en 30 Augustus 2023 vir meer as R20 m. bekom. Dit sluit 55 voertuie, 10 eiendomme in Khutsong en Carletonville, sowel as R91 000 kontant en waardevolle bates in. Die bevele kom van ‘n ondersoek deur die direkteur van prioriteitsmisdaadondersoeke waartydens ses beskuldigdes, na bewering die meesterbreins agter onwettige mynbedrywinghede en afkomstig van Zimbabwe en Mosambiek, saam met drie van hul vroue vasgetrek is. Die ses vermeende verdagtes het glo Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente op ‘n bedrieglike wyse verkry.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief