NVK sê oor ontrekking van Volkswagen Tiguan Allspace

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het terugvoer gegee oor die onttrekking van 13 Volkswagen Tiguan Allspace-voertuie wat tussen 30 April 2019 en 30 Desember 2019 te koop aangebied is.

Luidens ‘n verklaring van die NVK is Volkswagen SA se onttrekking weens ’n foutiewe gasopwekker in die sogenaamde gordynlugsak. Dit kan die werking van die lugsak beïnvloed en gevolglik die beskermende effek daarvan uitskakel. Daar kan ook nie uitgesluit word dat komponente van die gasopwekker se omhulsel kan loskom en insittendes beseer nie.

Verbruikers word versoek om enige VWSA-goedgekeurde handelaar te kontak vir ’n inspeksie en indien nodig, die vervanging van die betrokke komponent.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief