Brekende Nuus
Afrikaans

Nzimande ontbind NSFAS-raad met onmiddellike effek

Die wetlike impak van die ontbinding sal môre in die Staatskoerant gepubliseer word.

Nzimande ontbind NSFAS-raad met onmiddellike effek. Foto: The Witness
Nzimande ontbind NSFAS-raad met onmiddellike effek. Foto: The Witness

Prof. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en innovering, het die Nasionale Finansiële Hulpskema vir studente se raad vandag tydens ’n vergadering met onmiddellike effek ontbind en die instelling onder administrasie geplaas.

Dit volg as deel van die ingrypings wat begin is om die effektiwiteit en organisering van die raad te verbeter.

Die wetlike impak van die ontbinding sal môre in die Staatskoerant gepubliseer word. Die minister sal na verwagting Sondag ’n perskonferensie hou om meer inligting rakende die besluit te deel.  

Hy het vroeër vandag die bedanking van Ernest Khosa, die voormalige direkteur van die NSFAS-raad, aanvaar.

Bronne: NSFAS, Times Live, Twitter