Olifantbewaring verg nie koeëls nie, maar die wil om op te tree – NDBV

Lees ook :

Foto: NDBV

NOORDWES. – Die nasionale raad van dierebeskermingsverenigings (NDBV) het ’n hernieude fokus op menslike oplossings vir die olifantbevolkingskrisis in dié provinsie verwelkom, ná maande se gesprekke in die parlement. Dit volg nadat 75 olifante gesterf het.

Van 14 tot 16 Oktober 2025 het die NDBV saam met lede van die parlementêre portefeuljekomitee oor bosbou, visserye en omgewing, asook bewaringsowerhede en ekoloë, ’n drie dae lange terreinbesoek en bespreking by die Madikwe- en Pilanesberg-wildreservate onderneem. Die besoek het gevolg op die sterfte van 75 olifante tussen Augustus 2024 en Januarie 2025 weens hongersnood tydens ’n ernstige droogte. Die organisasie het beklemtoon dat bewaring deur deernis, etiek en wetenskap gelei moet word en nie deur geweld nie. In hul voorlegging aan parlementslede en die Noordwes-parke- en-toerismeraad het die NDBV weer op die onmiddellike implementering van die olifantvoorbehoedingsprogram aangedring. Hierdie program, wat reeds in 2023 goedgekeur is, bied volgens die NDBV ’n eenvoudige, kostevrye en nie-dodelike oplossing om olifantgetalle te beheer.

Hoewel onlangse reën die toestand tydelik verbeter het, het die NDBV gewaarsku dat volhoubare en menslike bevolkingsbestuur noodsaaklik bly om ’n herhaling van die krisis te voorkom.Die NDBV het op die onmiddellike implementering van die goedgekeurde olifant-voorhoedingsprogram aangedring, wat ’n nie-dodelike en kostevrye oplossing bied om bevolkingsgroei te beheer. Die NDBV het sy standpunt teen trofeejag herhaal en gesê dat die doodmaak van olifante vir wins of gerief nie as bewaring beskou kan word nie. Volgens die organisasie kan die voorgestelde voorbehoedingsmetode binne drie jaar die olifantbevolking stabiliseer en terselfdertyd biodiversiteit en tropstrukture beskerm. Die NDBV het ook die steun van Humane World for Animals verwelkom, wat die organisasie se standpunt ondersteun dat bewaring menslik en op wetenskaplike bewyse gegrond moet wees.

Volgens kenners wat tydens die parlementêre besoek geraadpleeg is, word verwag dat Suid-Afrika La Niña-toestande gaan ervaar, wat beter reënval en plantegroei kan bring. Dit ondersteun die saak vir nie-dodelike bestuursmaatreëls verder.

“Ons plig is om te verseker dat selfs wilde diere beskerm word teen onnodige lyding, en dat bewaring met deernis, nie wreedheid, geskied,” sê hoofinspekteur Douglas Wolhuter, bestuurder van die NSPCA se Wildbeskermingseenheid.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief