INTERNASIONAAL. – Die Internasionale Olimpiese komitee het nader beweeg daaraan om transgender atlete te verbied van deelname aan vrouekompetisies by die Olimpiese Spele.
Lees ook: Trump teken bevel wat transgendermeisies en -vroue van vrouesport verban
Die president van die Internasionale Olimpiese komitee, Kirsty Coventry, het gesê die beleid gaan deel wees van haar verkiesingsveldtog en dat sy ‘n werkende groep gaan opstel vir die beskerming van vrouesport.
Die Internasionale Olimpiese komitee het gesê die beleid om transgender atlete te verban van vrouekompetisies word nog nagesien en dat “geen besluit nog geneem is nie”.
Volgens BBC Sport kan die beleid volgende jaar ingestel word ná ‘n voorlegging deur die mediese hoof van die Internasionale Olimpiese komitee. Dr. Jane Thornton het verlede week daarop gewys dat atlete wat as mans gebore is fisiologiese voordele het, selfs nadat hulle testosteroonvlakke verminder word.
Bronne: BBC, ESPN, ABC
Lees ook: Trump teken bevel wat transgendermeisies en -vroue van vrouesport verban





