Olimpiese Spele skouspelagtig afgesluit met verskynings van verskeie kunstenaars

Lees ook :

Olimpiese Spele skouspelagtig afgesluit met verskynings van verskeie kunstenaars
Olimpiese Spele skouspelagtig afgesluit met verskynings van verskeie kunstenaars fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Covid-gevalle vermeerder by Olimpiese Spele

PARYS, FRANKRYK. – Die Olimpiese Spele het gister met ‘n skouspel van lig en musiek afgesluit met verskeie kunstenaars en bekendes wat deel van die seremonie gevorm het.

Die Olimpiese vlam, wat deur Léon Marchand deur die stad gedra is, is aan Los Angeles oorhandig waar die volgende Olimpiese Spele in 2028 sal plaasvind.

Atlete het saamgesing met liedjies soos Queen se We Are The Champions en Gala Rizzatto se Freed From Desire.

Die antieke geskiedenis van die Spele is deur Die Goue Reisiger en akrobate uitgebeeld terwyl die Franse operaster Benjamin Bernheim Die Lied van Apollo uitgevoer het. Kunstenaars soos The Red Hot Chilli Peppers, Phoenix, Snoop Dogg en Billie Eilish het gesorg dat die atlete en ander aanwesiges lekker kon litte losmaak.

Tom Cruise is met ‘n harnas van die dak van die Stade de France laat sak om die Olimpiese vlag by Simone Biles en Karen Bass aan te vat. Toeskouers kon sien hoe Cruise in ‘n opgeneemde video met die vlag deur Parys ry tot op ‘n vliegtuig waar hy uitspring en na Amerika reis. Cruise verander dan die Hollywood-teken in Olimpiese ringe.

Aan die einde van die seremonie het Antoine Dupoint, die Franse vlagdraer, die vlag aan die Franse paralimpiese span oorhandig vir die Paralimpiese Spele wat op 28 Augustus sal begin.

Bronne: Indy100, IOL, SuperSport, Yahoo

Lees ook: Covid-gevalle vermeerder by Olimpiese Spele

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief