Lees ook: Baba oorlede wat in warm voertuig gelos is
GAUTENG. – Olivia Jasriel, wat gehelp het om die voormalige tennisafrigter, Bob Hewitt, agter tralies te sit, is oorlede. Sy het die Jasriel Foundation op die been gebring om seker te maak daar is beleide in plek om sport veilig te maak. Olivia het ook kinders gehelp wat mishandel is.
Haar dood is gister deur die Reeva Rebecca Steenkamp Foundation bevestig. Volgens The South African is sy oorlede aan selfdood. Sy het sedert haar verkragting deur Hewitt op 12 jaar oud gesukkel met haar geestesgesondheid.
Die Reeva Rebecca Steenkamp Foundation het gesê hulle kies om Olivia as ‘n vegter te onthou en nie as ‘n slagoffer nie.
Bronne: Algoa FM, TimesLIVE, Herald Live, The South African
*As jy sukkel met geestesgesondheidsuitdagings, kontak die Selfdood-krisisnoodnommer by 0800 567 567.





