Olivia Munn deel kankerdiagnose

Lees ook :

Olivia Munn deel kankerdiagnose
Olivia Munn deel kankerdiagnose fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Sanger Lira tree weer twee jaar na beroerte op

VSA. – Die Iron Man 2-aktrise, Olivia Munn (43) het bekendgemaak sy is met borskanker gediagnoseer en moes vier operasies in tien maande ondergaan.

Munn het in haar plasing op Instagram gedeel sy moes ’n dubbele mastektomie kry na sy verlede jaar met Luminal B-kanker gediagnoseer is. Sy het gesê sy wou “eers deur die moeilikste dele kom” voor sy die nuus deel.

Munn het gesê sy het uitgevind van die kanker na sy vir 90 verskillende kankergene getoets is en ’n mammogram ondergaan het. Haar toetse was negatief, maar haar dokter het haar ’n biopsie van haar borste laat doen. Sy het Luminal B-kanker in beide borste gehad. 30 dae na die biopsie moes sy ’n mastektomie ondergaan. Sy het haar plasing geëindig deur te sê sy is geseën dat hulle dit so vroeg ontdek het.

Bronne: BBC, CNN, New York Times

Lees ook: Sanger Lira tree weer twee jaar na beroerte op

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief