Om steeds vir ’n verslaafde in jou lewe lief te wees

Lees ook :

Om uit te vind iemand na aan jou is aan iets verslaaf, is moeilik om te aanvaar. Wat egter nog moeiliker is, is om vir die persoon lief te wees, hom of haar te ondersteun en nié tot sy of haar probleem by te dra nie.

“Ek het besluit om myself emosioneel van my verslaafde pa te distansieer,” sê John Wineland, ’n spreker, verhoudingsafrigter en onderwyser. “Ek sien nogsteeds finansieel na hom om, maar ek het gekies om nie soveel tyd saam met hom deur te bring nie.”

“Die proses om te leer hoe om ’n verslaafde te ondersteun en lief te hê, maar steeds boundaries te hê, is ’n baie diep, spirituele en emosionele ervaring.”

Beide van die dinge is ewe belangrik, sê Wineland. “Dis ’n baie diep, persoonlike en innerlike soektog en om ook te verstaan hoe om boundaries daar te stel.”

Hier is ’n paar voorbeelde van grense wat jy in jou lewe kan stel om vir ’n verslaafde persoon in jou lewe om te gee en lief te wees, maar steeds jouself te beskerm en so ’n mate van beheer in ’n anders deurmekaar verhouding te hê.

“Geen dwelms of drank word in die huis toegelaat nie.”

“Geen ander dwelm- of alkoholverslaafde vriende word in die huis toegelaat nie.”

“As jy in hegtenis geneem word, sal ek nie jou borg betaal of vir ’n prokureur betaal nie.”

“Geen lelike kommentaar of bespotting meer nie.”

“Ek sal nie vir jou geld gee nie, of dit vir brandstof, kos of rekeninge is nie.”

“Ek sal onder geen omstandighede meer vir jou verskonings maak nie.”

“As jy nie betyds is vir aandete nie, is jy nie welkom om by ons te eet nie.”

Die belangrikste van alles is om konstant, dwarsdeur alles, ten spyte van die bakleiery en die seer, hom of haar steeds gereeld te herinner dat jy bereid is om te help en dat hy of sy nie alleen is nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief