INDONESIË, ASIË. – ’n Ondersoek ná ’n vliegtuig op 25 Januarie 2024 van Indonesië na Jakarta van sy vliegplan afgewyk het, het onthul die vlieëniers het vir ongeveer 30 minute aan die slaap geraak.
Daar was altesaam 153 passasiers aan boord die Batik Air-vlug. Die hoofvlieënier het na bewering ‘n ruskans geneem terwyl die medevlieënier beheer geneem het. Hy het egter ook aan die slaap geraak.
Volgens berigte het die kontrolesentrum in Jakarta vir 30 minute geen terugvoer van die vlieëniers af gekry nie. Die vlieëniers het hulle vlugplan aangepas nadat hulle wakker geword het. Hulle kon die vliegtuig veilig laat land.
Hulle aanvanklike verweer was dat hulle kommunikasiestelsel af was. Daar kon egter geen fout by die kommunikasietoerusting op die vliegtuig tydens ’n ondersoek gekry word nie.
Die vlieëniers, onderskeidelik 32 en 28 jaar oud, is nie geïdentifiseer nie.
Bronne: Flight Trader, The Guardian





