Ondersteun jou kind só hierdie toetsreeks

Lees ook :

Wenke om jou kind tydens die toetsreeks te ondersteun. Foto ter illustrasie: Canva

SUID-AFRIKA. – Die meeste skole is druk besig met toetsreekse. Buitemuurse aktiwiteite staan nie stil nie en kinders moet op ’n manier balans tussen leer- en ontspantyd vind.

Hier is wenke oor hoe om jou kind beter tydens die toetsreeks te ondersteun.

1. Leer jou kind ontspanningstegnieke aan vir wanneer hy of sy stres. Hulle kan slegs hulle oë toemaak, diep asemhaal en visualiseer hulle is op ’n plek wat hulle baie gelukkig maak. Dit kan by die huis en selfs net voor ’n toets gedoen word.

2. Werk saam met jou kind ’n studierooster uit. Dit sal voorkom dat alles ophoop. Daar sal ook ’n goeie balans tussen leertyd en rustyd wees.

3. Maak seker jou kind eet gesonde en gebalanseerde etes. Energiedrankies is ’n besliste nee. Hou ook die soetgoed vir eers op die boonste rak van die kombuiskas. Al die suiker kan veroorsaak dat hulle vinnig moeg raak.

4. Kontroleer slaaptye. Al leer jou kind baie hard, gaan dit niks help as hy of sy te min slaap nie. Genoegsame slaap verseker jou kind is vars en uitgerus om die vraestel te kan skryf.

5. Moedig jou kind aan om aktief tydens die toetsreeks te wees. Dit is ’n natuurlike stresverligter en help om energievlakke te verhoog.

Gesels met jou kind oor haar ofsy bekommernisse en dit waarvoor hulle gereed is hierdie toetsreeks. Wees ook bereid om te help as hulle vashaak. Ouerondersteuning gaan hulle klaar meer gerusstel oor hulle vermoë om die toetsreeks suksesvol aan te pak.

Bronne: NHS, Kids Health, PBS

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief