Onderwysdepartement waarsku oor ‘Pens Down’

Lees ook :

Foto: Departement van Basiese Onderwys

GAUTENG. – Die departement van basiese onderwys waarsku teen sogenaamde Pens Down-byeenkomste wat ná die matriekeksamen gehou word, wat hand-uit kan ruk.

Die onwenslike kan gebeur wanneer daar geen beplanning of volwasse toesig tydens sulke partytjies is nie. Sonder behoorlike toesig neem die risiko’s vinnig toe, insluitend oormatige drankgebruik, gewelddadige konflik, skade aan eiendom en ernstige bedreigings vir persoonlike veiligheid. Wat as ’n viering begin, kan gou ’n noodlottige gebeurtenis word wat lewens verander.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling sê sodra penne neergesit word, moet verantwoordelikheid toeneem. Leerlinge word gevra om nie aan groepsdruk toe te gee nie. Hulle moet liefs hulle veiligheid en toekoms eerste stel.

Die SA-regering moedig ook leerlinge aan om vir sulke tipe partytjies nee te sê. Ouers en oppassers word versoek om betrokke te bly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief