Lees ook: Hittegolf gaan aanhou tot Maandag
’n Onderwyser by ‘n hoërskool vir meisies is geskors oor bewerings van seksuele verhoudings met verskeie leerlinge.
Die onderwyser is geskors na ’n voormalige leerling die skool daarvan beskuldig het dat hulle dit ignoreer dat die onderwyser seksuele verhoudings met leerlinge het. Die voormalige leerling het gesê die onderwyser is al voorheen by ander skole om dieselfde rede geskors.
Volgens die voormalige leerling het verskeie leerlinge oor die onderwyser gekla, maar niks is daaraan gedoen nie.
Daar is verdere bewerings dat hy ’n matriekleerling swanger gemaak het.
Die departement van basiese onderwys is besig om die bewerings te ondersoek.
Bronne: IOL, Algoa FM, Ground News
Lees ook: Hittegolf gaan aanhou tot Maandag





