Onderwyser in hof vir verkragting

Lees ook :

Onderwyser in hof vir verkragting
Onderwyser in hof vir verkragting fotokrediet: Canva

Lees ook: ‘Juffrou’ in hegtenis wat onderwysdepartement glo uit meer as R1 m. bedrieg

WOLMARANSSTAD. – ’n Onderwyser (47) van ’n laerskool het Vrydag op twee aanklagtes van verkragting in die hof verskyn.

Die onderwyser is in hegtenis geneem na die ma van twee minderjariges (12 en 14) sake by die polisie aangemeld het.

Hy het glo die twee minderjariges gevra om hom te help om sy boeke te dra of goed in sy kantoor te gaan haal, waar hy hulle verkrag het. Die onderwyser is Donderdag by die skool in hegtenis geneem.

Hy bly in aanhouding tot Dinsdag vir sy formele borgaansoek.

Bronne: SAPD

Lees ook: ‘Juffrou’ in hegtenis wat onderwysdepartement glo uit meer as R1 m. bedrieg

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief