SUID-KOREA. – ’n Onderwyseres by ’n laerskool in Suid-Korea het ’n meisie (8) by ‘n skool met ’n mes doodgesteek.
Lees ook: Trump deporteer mense na Venezuela
Die onderwyseres het erken sy het die meisie doodgemaak. Die meisie se liggaam is gister met steekwonde op die tweede vloer van die skool aangetref. Volgens die polisie was die onderwyseres by die meisie, met steekwonde wat sy haarself moontlik toegedien het.
Die onderwyseres het op 9 Desember ses maande se verlof versoek oor depressie, maar was 20 dae later weer by die werk na ’n dokter gesê het sy is geskik om te werk.
Dieselfde onderwyseres het dae voor sy die meisie doodgemaak het, ’n ander onderwyser aangeval.
Dit is onbekend hoekom die meisie aangeval is. Die skoolowerhede het gesê die onderwyseres het nie vir die meisie klas gegee nie en het geen kontak met haar gehad nie.
Bronne: BBC, The Independent, The Indian Express
Lees ook: Trump deporteer mense na Venezuela