Onderwyseres steek leerling (8) by skool dood

Lees ook :

Onderwyseres steek kind (8) dood by skool fotokrediet; Canva

SUID-KOREA. – ’n Onderwyseres by ’n laerskool in Suid-Korea het ’n meisie (8) by ‘n skool met ’n mes doodgesteek.

Lees ook: Trump deporteer mense na Venezuela

Die onderwyseres het erken sy het die meisie doodgemaak. Die meisie se liggaam is gister met steekwonde op die tweede vloer van die skool aangetref. Volgens die polisie was die onderwyseres by die meisie, met steekwonde wat sy haarself moontlik toegedien het.

Die onderwyseres het op 9 Desember ses maande se verlof versoek oor depressie, maar was 20 dae later weer by die werk na ’n dokter gesê het sy is geskik om te werk.

Dieselfde onderwyseres het dae voor sy die meisie doodgemaak het, ’n ander onderwyser aangeval.

Dit is onbekend hoekom die meisie aangeval is. Die skoolowerhede het gesê die onderwyseres het nie vir die meisie klas gegee nie en het geen kontak met haar gehad nie.

Bronne: BBC, The Independent, The Indian Express

Lees ook: Trump deporteer mense na Venezuela

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief