Onderwyseres wat moes getuig, glo in opdrag doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Op lêer

KWAZULU-NATAL. – ‘n Onderwyseres (46) is op 29 Julie by Laerskool Phikiswayo op die skoolperseel in Richmond Farm doodgeskiet. Twee verdagtes is Donderdag deur die polisie in hegtenis geneem.

Kol. Robert Netshiunda sê op die betrokke dag het ‘n man die skoolperseel betree en gevra om die onderwyseres te sien. Die verdagte is reguit na haar en het haar veelvuldige keer geskiet voordat hy van die toneel gevlug het. Die vrou is soos voorheen berig op die toneel dood verklaar.

“Die polisie het vasgestel dat sy vermoor kon word, omdat sy ‘n getuie was oor ‘n aangeleentheid rakende ‘n gevangene by die Westville-gevangenis. Die saak is aan die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade oorhandig.”

Netshiunda sê daar kon tot dusver vasgestel word ‘n gevangene is die meesterbrein in die moordsaak van die onderwyseres. Die twee verdagtes is die een wat geskiet het en sy spotter. Die ondersoek het Vrydag voortgeduur, waarna die vermeende moordwapen in die verdagte wat geskiet het se huis gekry is. Die baadjie wat hy tydens die misdaad aangehad het, is ook gekry.

“Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring die vuurwapen is in April 2023, tydens ‘n rooftog by Sherwood in Sydenham, van die gelisensieerde eienaar geroof.”

Die verdagtes sal vandag op aanklagte van moord en sameswering om moord te pleeg in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.

Nuusflits het voorheen berig Muzi Mahlambi, van die KZN-onderwysdepartement, sê Sipho Hlomuka, die LUR vir onderwys in die provinsie, het sy hartseer oor die voorval uitgespreek. Die onderwysdepartement het die insident sterk veroordeel en wetstoepassers versoek om geregtigheid te laat geskied.

Hlomuka het die inhegtenisnemings verwelkom.


Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief