Lees ook: Elf buitelanders in hegtenis vir vervalste R3 m.
KWAGGAFONTEIN. – Die polisie was besig met stop-en-soek-aktiwiteite in Kwaggafontein toe hulle ’n rooi Volkswagen met vier insittendes buite ’n taverne opmerk wat agterdog wek.
Toe hulle die voertuig nader, het twee van die insittendes uitgespring en weggehardloop. Twee ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie is in die motor gekry. Die verdagtes wat bly sit het, is in hegtenis geneem.
Hulle sal Maandag in die Mkobola-landdroshof voorkom.
Bronne: SAPD





