Lees ook: Vrou (20) wat glo kleuter doodmaak, bly in aanhouding
ERMELO. – Elf Ugandese burgers is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van R3 m. in vervalste geld.
Die polisie het die verdagtes met vyf sakke sien loop en hulle voorgekeer en deursoek. Dit is toe dat hulle die vervalste geld gekry het. Die verdagtes het ook nie dokumente gehad om in die land te wees nie.
Hulle is aangekla van die besit van vervalste geld en die oortreding van die immigrasiewet. Die verdagtes sal môre in die Ermelo landdroshof verskyn.
Bronne: SAPD
Lees ook: Vrou (20) wat glo kleuter doodmaak, bly in aanhouding





