Ongelukkige Vrydag die 13de vir taxibestuurder

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad sê ‘n taxibestuurder (54) is Vrydagoggend in Jakes Gerwel-rylaan naby die N2 tydens ‘n padblokkade voorgekeer. Hy is in hegtenis geneem nadat dit geblyk het dat hy uitstaande lasbriewe van meer as R220 000 teen hom het.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê die man van Athlone is tydens roetine-kontrole in hegtenis geneem en by Athlone-polisiekantoor aangehou, nadat beamptes vasgestel het hy het verskeie lasbriewe ter waarde van R220 150 uitstaande teen hom. Volgens Smith dien die voorval as ’n waarskuwing aan alle motoriste om hul boetes en lasbriewe gereeld na te gaan en betyds af te handel om inhegtenisneming te vermy. Hy het bygevoeg dat inwoners volgende week weer die geleentheid sal hê om hul boetes en dagvaardings by ’n verkeersboete-padskou in Athlone uit te klaar.

In dieselfde week het verkeersbeamptes 40 mense vasgetrek, waarvan 34 vir bestuur onder die invloed van alkohol was. Nog inhegtenisnemins sluit roekelose bestuur en ander oortredings in. Altesaam 45 756 verkeersoortredings is aangeteken, 145 openbare voertuie is geskut en 1 713 lasbriewe is uitgevoer.

Wetstoepassingsbeamptes het 204 arrestasies gemaak en meer as 10 000 kennisgewings uitgereik, terwyl die Metropolisie 116 mense in hegtenis geneem en bykans 5 000 boetes uitgereik het. Verskeie dwelms, insluitend Mandrax, dagga en tik, is gekonfiskeer.

Die stad se noodkommunikasiesentrum het 1 490 oproepe om hulp ontvang, oor onder andere mediese voorvalle, aanrandings, huishoudelike geweld en padongelukke. Die publiek kan noodgevalle by die stad se noodsentrum by 021 480 7700 aanmeld.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief