Lees ook: Minstens 28 mense dood toe Israel skool aanval waar mense skuil
GAZA. – Minstens 20 mense is dood en meer is gewond na Israel weer die Jabalia-vlugtelingkamp aangeval het en in die proses vier huise beskadig het.
Die Israeliese weermag het gesê hulle het militante in Jabalia doodgemaak, maar dis onduidelik hoeveel oorledenes was militante en hoeveel was burgerlikes.
Minstens 15 van die mense wat dood is, is dood in aanvalle op verskeie teikens, insluitend ’n skool waarin vlugtelinge gebly het.
Israel het Libanon ook weer aangeval en agt mense, insluitend ’n 2-jarige en 16-jarige, is dood. Hulle het ook ’n groep VN-vredebewaarders in die omgewing aangeval.
Bronne: Sky News, BBC, The Independent
Lees ook: Minstens 28 mense dood toe Israel skool aanval waar mense skuil





