“Ons het gedoen waarvoor ons gekom het,” hoor verloofde ná plaasmoord

Lees ook :

“Ons het gedoen waarvoor ons gekom het,” hoor verloofde ná plaasmoord
“Ons het gedoen waarvoor ons gekom het,” hoor verloofde ná plaasmoord fotokrediet: Canva

*PERSVERKLARING

“Ons het gedoen waarvoor ons gekom het.” Dít is wat Mariaan Brits moes hoor kort nadat haar verloofde, Robert Stander, in 2021 tydens ’n aanval op ’n hoewe in Muldersdrif doodgeskiet is. In nóg ’n aanval, dié keer in 2020 op ’n plaas oos van Pretoria, moes Joey en Leon Kruger toekyk hoe ’n aanvaller ’n vuurwapen teen hul huilende sewejarige seun se kop hou en dreig om hom te skiet. Dié en verskeie ander emosioneel gelaaide stories – soos vertel deur die oorlewendes van plaasaanvalle – vorm deel van ’n nuwe dokumentêre reeks met vyf episodes wat pas deur AfriForum vrygestel is. Die eerste twee episodes is reeds op YouTube beskikbaar. Die volledige reeks sal vanaf 16 Februarie op AfriForum TV te siene wees.

In dié reeks getiteld Resilient voices: Survivors of farm attacks share their stories word slagoffers van gewelddadige plaasaanvalle in Suid-Afrika se ervarings in skokkende besonderhede onthul.

“Plaasaanvalle en -moorde is ’n harde werklikheid in Suid-Afrika. Dit is skandelik dat ons ’n regering het wat hierdie misdade ontken of as iets onbelangrik afmaak, terwyl ons politieke partye soos die EFF het wat openlik ‘Kill the Boer, kill the farmer’ dreunsing by politieke byeenkomste,” sê Jacques Broodryk, regisseur van die reeks en hoofwoordvoerder van AfriForum se afdeling vir Gemeenskapsveiligheid.

Volgens Broodryk is dit noodsaaklik om hierdie stories te vertel en vir die internasionale gemeenskap om kennis te neem van slagoffers se ervarings in hierdie ondenkbare gewelddadige aanvalle. “Hierdie is die werklike mense wat werklike gruwels gely het,” sluit Broodryk af.

AfriForum het reeds 172 gemeenskapsveiligheidstrukture oor die hele land heen gevestig en sal voortgaan om landelike en stedelike gemeenskappe te bemagtig om hul veiligheid, in samewerking met die owerhede en binne die raamwerk van die wet, in hul eie hande te neem. AfriForum bied ook traumaberading aan slagoffers van plaasaanvalle.

*PERSVERKLARING

Lees ook: Register this weekend to rescue South Africa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief