Ontbinde liggaam op polisiekantoor se dak laat ‘miljoen dollar-vraag’

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n Ontbinde liggaam van ‘n man wat Woensdagaand op die dak van die Hazyview-polisiekantoor in die Laeveld gekry is, kon Donderdagoggend van die dak afgehaal word. “Die miljoen dollar-vraag is hoe hy op die dak beland het. Daar is ook gereedskap naby sy liggaam gevind,” sê brig. Donald Mdhluli.

Brig. Mdhluli, provinsiale polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits ‘n ondraaglike reuk van die afgelope drie weke het Woensdag ‘n soektog na vermoedelik ‘n dooie dier genoop. Die aanvanklike soektog het geen lig op die onderwerp gewerp nie. Dakteëls is Woensdag verwyder, waarna die liggaam onder dakbalke gekry was. Die operasie is met behulp van speurders, die soek- en reddingspan, Mbombela-brandweer, die plaaslike kriminele rekordsentrum en Opod aangepak, waarna die liggaam Donderdagoggend verwyder is. Voorlopige ondersoek dui daarop dat die man, wie se liggaam in ‘n toestand van ontbinding was, moontlik doodgeskok is.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen en die ondersoek duur voort. Die oorledene is nog nie geïdentifiseer nie en die polisie vra lede van die gemeenskap wat daarmee kan help, om na vore te kom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief