Ontbinde liggaam van plaaswerker met hande vasgebind gevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Matsie Lettia Lekata (45) het op die plaas Weenen in die Wesselsbron-area gewerk. Sy is op 21 Mei 2024 as vermis aangemeld. ‘n Groep seuns het op 5 Julie op haar ontbinde liggaam afgekom.

Kapt. Stephen Thakeng sê na bewering is Lekata op die dag wat sy vermis geraak het deur ‘n onbekende persoon by haar kamer op die plaas gehaal. Sy is by die polisie as vermis aangegee, maar soektogte deur die polisie, boere en plaaaswerkers het geen sukses opgelewer nie.

Op 5 Julie ‘n groep seuns omstreeks 13:00 hout in ‘n bos op die plaas gekap toe hulle op Lekata se liggaam afkom. Hulle het dadelik hulle ouers en die plaasboer daarvan ingelig. Die polisie het Lekata se ontbinde liggaam met ‘n klokmerker en ‘n sleutel van haar kamer op die plaas aangetref. Sy het nie klere aan haar onderlyf gehad nie en beide haar hande was vasgebind.

‘n Moordsaak word ondersoek. Enigiemand met inligting van die moordsaak kan speur.sers. Elias Ncheche van Wesselsbrong-speurtak by 083 746 8914 bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App