GAUTENG. – ‘n Verbyganger het Sondagoggend die ontbinde liggame van vermoedelik vyf onwettige myners ontdek.
Brig. Brenda Muridili sê twee liggame is in ‘n ou verlate myn in Kagiso en drie liggame in Krugersdorp, op die skeidslyn van die twee polisiëringsgebiede ontdek. Die liggame is glo van ondergrond af gebring en gelos sodat dit ontdek moet word.
Twee geregtelike doodsondersoeke is in Kagiso en Krugersdorp geopen.





