Glo dit of nie, maar Johan Daniel Els (40), die sesde sterkste man in die wêreld, is op skool geboelie.
“As gevolg van die geboelie op skool, het ek besluit het om sterk te wees, sodat ek myself kan verdedig,” vertel die man wat in 2018 die titel van die sesde sterkste man by die world strongest man-kompetisie gewen het.
Dié taverne-bestuurder neem aan die ope klas kategorie bo 105 kg deel.
In dié stadium oefen Johan, wat 163 kg weeg, vyf dae ‘n week drie tot vier ure. Tans bench hy 250 kg terwyl hy ‘n Afrika-rekord van 405 kg deadlift.
“My raad aan enigeiemand wat strong man wil doen, is om nie haastig te wees nie. Krag vat tyd en harde werk om te bou.”
Indien jy van Johan se deelnames wil kyk, volg hom op YouTube deur sy naam in te tik.



