YOLO COUNTY, KALIFORNIË. – ’n Ontploffing het gister by ’n vuurwerkpakhuis in Yolo County, noordelike Kalifornië, plaasgevind.
Die ontploffing het veroorsaak dat vuurwerk afgegaan en in alle rigtings gespat het, wat brande rondom die pakhuis veroorsaak het.
‘n Brandstigting-en-bomondersoekeenheid is besig om die oorsaak van die ontploffing te ondersoek. Geen beserings is aangemeld nie en dit is nog nie bekend wat die ontploffing kon veroorsaak nie.
Verskeie geboue rondom die pakhuis is in die brande ná die ontploffing vernietig.
Bronne: The Mirror, Daily Mail, The Sun





