Lees ook: Sakeman gered, vyf in hegtenis vir ‘ontvoering’
GQEBERHA. – Dr. Bongani Ngini (55), wat glo op 1 Julie by sy praktyk in Gqeberha ontvoer is, is op 4 Julie gered.
Vier gewapende mans het glo op 1 Julie by die dokter se praktyk ingestorm en hom ontvoer. Hy is glo in ’n voertuig ingedwing en met hom weggery. Die verdagtes het na bewering R6 000 en ses selfone by van die wagtende pasiënte gesteel, asook R50 000 uit die dokter se voertuie.
Ngini is ontset na die TRT en Valke inligting ontvang het oor waar hy gehou word. Die voertuig wat in die beweerde ontvoering betrokke was, is gevind en die bestuurder is in hegtenis geneem. Die bestuurder (42) sal Maandag in die New Brighton-landdroshof verskyn.
Bronne: SAPD





