Sakeman gered, vyf in hegtenis vir ‘ontvoering’

Lees ook :

Sakeman gered, vyf in hegtenis vir ‘ontvoering’
Sakeman gered, vyf in hegtenis vir ‘ontvoering’ fotokrediet: Canva

Lees ook: Ongelisensieerde bestuurder vlug na ongeluk

SOWETO. – ’n Portugese sakeman is gered na hy glo verlede week in South Gate ontvoer is. Die man, wat ’n Waltloo-slaghuis in Johannesburg besit, is na bewering vir ’n losprys ontvoer.

Hy is uit die Nancefield-koshuis in Soweto, waar hy glo aangehou is, gered. Twee verdagtes wat glo die bestuurders van die voertuie was, is gistermiddag in hegtenis geneem.

Gisteraand is nog ’n verdagte in hegtenis geneem by die koshuis waar die sakeman glo vasgebind gehou is.

Nog twee verdagtes is by ’n huis in White City Soweto in hegtenis geneem. Die slagoffer se bankkaarte en beursie is in hulle besit gevind.

Bronne: SAPD

Lees ook: Ongelisensieerde bestuurder vlug na ongeluk

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief