Shan, oftewel Chanlall Dwarika (61), ‘n dosent in elektriese ingenieurswese van die Mangosuthu-universiteit van tegnologie (MUT), se liggaam is in Inanda, KwaZulu-Natal, ontdek.
Reaction Unit South Africa sê hy is Maandag 29 Mei 2023 in Crowweg in Sea Cow Lake, Durban, KwaZulu-Natal deur drie mans ontvoer.
Hy het ‘n eiendom in die omgewing verhuur en CCTV-kameras het die ontvoering waartydens hy deur mans in sy swart Honda CRV ingedwing word, vasgelê.
Daar was sedertdien niks van hom gehoor of gesien nie en sy familie het hom by Reaction Unit South Africa en Greenwood Park-SAPD as vermis aangemeld.
Ondersoek het daarna gelei dat ‘n persoon van belang Woensdag by ‘n informele area in Crow Place in Sea Cow Lake, KZN, in hegtenis geneem is.
Tydens ondervraging is die man wat in aanhouding is met die identikit van ‘n tweede individu wat vir ondervraging in die ontvoering gesoek was, gekonfronteer.
Hy het sy samewerking gegee, bevestig dat hy die persoon ken en glo aangebied om sy woonplek uit te wys.
Speurders en reaksiebeamptes is na ‘n informele area in Springfield Park, KZN, wat ook as Puntins Hill bekend staan waar die tweede persoon (22) van belang aangekeer is.
Hy is in aanhouding polisiestasie toe vervoer en is ondervra.
Hy het verduidelik hy was glo die middag tuis toe sy vriende hom met die slagoffer se motor kom haal het. Die slagoffer was volgens sy verduidelikng glo steeds in die motor, waarna hulle na bewering alkohol met sy bankkaart by verskeie plekke gekoop, hom vermoor en sy liggaam in Inanda in bosse gestort het.
Omdat die verdagte glo te dronk was tydens die voorval kon hy nie die presiese ligging van die liggaam uitwys nie.
Hy is in ‘n poging om die toneel op te spoor na die gebied geneem, maar die soektog is weens weersomstandighede en swak beligting afgelas.
Die soektog is Donderdagoggend hervat, maar verskeie plekke waarheen die verdagte geneem was, was onsuksesvol.
Vrydag het ondersoekers van die polisie se provinsiale taakspan by die ondersoek aangesluit. Die liggaam van die oorledene is Saterdag deur die ondersoekspan, terwyl die verdagte by was, ontdek.
Die voertuig van die slagoffer, sowel as nog twee verdagtes, word nog gesoek.
Lt.kol Robert Netshiunda het die inhegtenisneming van twee beweerde verdagtes bevestig:
DURBAN – Two men who were arrested in connection with the kidnapping of a 61-year-old man have now been charged with murder following the recovery of his body at the bushes near Mafuya Road in Inanda on Saturday afternoon.
The victim, who was last seen on 28 May 2023 was reported missing and later on charges of kidnapping and carjacking were registered following police investigations. Further intensive investigation led to the arrests of two suspects and on Saturday, a team of investigators followed investigative leads to Inanda where his slain body was found.
A search for at least two more suspects who are believed to have also been involved in his kidnapping and subsequent murder is ongoing.
Ends
Enquiries:
Colonel Robert Netshiunda