‘Ontvoerder’ kry R1 500 borg

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Maliphakame Mkorwana (26), ‘n verdagte in ‘n ontvoering, is Maandag R1 500 borg in die Dordrecht-landdroshof toegestaan.

AO Ndiphiwe Mhlakuvana sê Mkorwana is met die misdaad verbind en gesoek. Hy op 13 Oktober deur die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad saam met Mdantsane se taktiese reaksiespan in hegtenis geneem.

Na bewering is Mkorwana in hegtenis geneem nadat inligting verskaf is van ‘n buitelandse burger wat na bewering op 17 Julie in die Dordrect-area deur vier onbekende mans met ‘n wapen gedreig en in ‘n goue Toyota Avanza ontvoer is.

Mhlakuvana sê die slagoffer is glo vir ‘n paar dae aangehou waartydens sy kontant, bankkaarte en pin geeïs is en die verdagtes na bewering R8 000 onttrek het. Daar word verder beweer die verdagtes het R27 000 se klere aangekoop.

Die kontant, klere en die voertuig is verdere ondersoek deur die polisie as bewysstukke in die saak ingedien.

Mkorwana het ‘n paar keer in die hof verskyn waarna hy Maandag op borg vrygelaat is. Die saak is vir verdere ondersoek tot 25 Januarie 2024 uitgestel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief