Ontvoerders doodgeskiet – sakeman met familie herenig

Lees ook :

Foto: SAPD en Google Maps

GAUTENG. – Twee verdagtes is Donderdagmiddag tydens ‘n ontvoeringsdrama in Randfontein deur die polisie doodgeskiet. Drie verdagtes is aangekeer en ‘n 60-jarige sakeman is gered en met sy familie herenig.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê luidens ‘n verklaring is inligting kort ná 15:00 ontvang oor ‘n sakeman wat op 29 Mei in Lenasia ontvoer is. Ná die ontvoering het die familie ’n lospryseis van minstens R15 miljoen ontvang. Die polisie het daarop ’n huis in Randfontein bestorm, waar ’n skietgeveg plaasgevind het. Twee verdagtes is noodlottig gewond, terwyl drie in hegtenis geneem is. Die sakeman is gered en is intussen met sy familie herenig.

Van Januarie tot Maart is 144 ontvoerings waarvoor lospryse geëis is in Gauteng aangemeld. In die afgelope twee jaar is meer as 170 ontvoerders ná ontvoerings waarvoor lospryse geëis is, in Gauteng en ander provinsies deur die polisie se teen-ontvoeringspan in hegtenis geneem. Verlede maand is ’n Mosambiekse ontvoeringsbaasbrein in Fourways doodgeskiet tydens ’n operasie waarin ’n ontvoerde Pakistanse sakeman opgespoor is.

“Ons is besig om die stryd teen ontvoerders te wen. Hierdie suksesse is slegs moontlik danksy die sterk vennootskap en samewerking tussen wetstoepassers en toegewyde rolspelers in die privaatsektor. Wanneer ons saamwerk, word lewens gered,” sê Yaseen Theba, direkteur van Vision Tactical, wat die reddingsoperasie in Randfontein saam met die polisie uitgevoer het.

Foto’s: Vision Tactical

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief