Ontvoeringslagoffer gered en gekaapte voertuig teruggevind, verdagte aangekeer

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n Slagoffer wat Sondag saam met ‘n voertuig gekaap is, is deur die vinnige optrede van die Nelspruit-blitspatrollie gered en die voertuig teruggekry. ‘n Verdagte (48) is in hegtenis geneem.

Kol. Donald Mdhluli sê dit was kort voor middernag toe lede tydens roetine patrollie op die N4 inligting van ‘n opsporingsmaatskappy oor ‘n kaping met ‘n slagoffer in die voertuig ontvang het. Die polisie en opsporingspan het die voertuig in Kabokweni opgespoor. Drie verdagtes het uitgespring en gevlug, waarna die vasgebinde slagoffer gevind is.

“Die omliggende gebiede in die bosse is deursoek, waartydens ‘n verdagte vasgekeer en gearresteer is. Hy het glo die slagoffer se selfoon in sy besit gehad.”

Hy sal op aanklagte van kaping, ontvoering en roof in die Kabokweni-landdroshof voorkom. Daar word steeds na die ander verdagtes gesoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief