Sterk winde waai Boeing 737 oor aanloopbaan

Lees ook :

Sterk winde waai Boeing 737 oor aanloopbaan
Sterk winde waai Boeing 737 oor aanloopbaan fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: KYK: Vliegtuig enjin slaan aan die brand kort voor opstyging

DALLAS, VSA. – ‘n Boeing 737-800 is gister op video vasgevang waar dit deur sterk winde oor die aanloopbaan gewaai word.

Die vliegtuig, wat 90 000 pond weeg, was by die hek geparkeer toe sterk winde van tot 80 myl per uur dit oor die aanloopbaan gewaai het.

Daar was geen passasiers op die vliegtuig nie, aangesien 202 vlugte gekanselleer is oor erge storms wat die land getref het.

Erge storms, hael en sterk winde het Amerika die afgelope week getref en die dood van minstens 24 mense dwarsoor die land veroorsaak.

Die storms, hittegolwe en tornado’s wat die land onlangs getref het, word aan klimaatsverandering toegeskryf.

Bronne: Daily Mail, New York Post, AeroTime

Lees ook: KYK: Vliegtuig enjin slaan aan die brand kort voor opstyging

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief