Sterk winde waai Boeing 737 oor aanloopbaan

Lees ook :

Sterk winde waai Boeing 737 oor aanloopbaan
Sterk winde waai Boeing 737 oor aanloopbaan fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: KYK: Vliegtuig enjin slaan aan die brand kort voor opstyging

DALLAS, VSA. – ‘n Boeing 737-800 is gister op video vasgevang waar dit deur sterk winde oor die aanloopbaan gewaai word.

Die vliegtuig, wat 90 000 pond weeg, was by die hek geparkeer toe sterk winde van tot 80 myl per uur dit oor die aanloopbaan gewaai het.

Daar was geen passasiers op die vliegtuig nie, aangesien 202 vlugte gekanselleer is oor erge storms wat die land getref het.

Erge storms, hael en sterk winde het Amerika die afgelope week getref en die dood van minstens 24 mense dwarsoor die land veroorsaak.

Die storms, hittegolwe en tornado’s wat die land onlangs getref het, word aan klimaatsverandering toegeskryf.

Bronne: Daily Mail, New York Post, AeroTime

Lees ook: KYK: Vliegtuig enjin slaan aan die brand kort voor opstyging

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief