GAUTENG. – Edison Ngamiko (38), Amos Hassan Masiya (38), en Edron Panashe Chisanako (39) is elk twee keer lewenslank vir moord en 10 jaar direkte gevangenisstraf vir poging tot moord gevonnis. Die slagoffers was 15, 16 en 23 jaar oud toe die misdaad gepleeg is.
Lumka Mahanjana sê die drie Zimbabwiese burgers is elk ‘n verdere jaar tronkstraf gevonnis omdat hulle onwettig in die land en is.
Op 17 Februarie 2023 het die slagoffers geld om drank te koop van die veroordeelde misdadigers gevra en R60 gekry. Die meisies is later die aand huis toe deur die misdadigers vergesel. In Mamellostraat in Olievenhoutbosch het Chisanako seksuele gunste van die 15-jarige meisie gevra. Sy het geweier en die 16-jarige het hom tereggewys, waarna hy haar in die nek geskiet en sy ineengestort het. Daarna het hy die ander twee slagoffers doodgeskiet. Ngamiko het besef die 16-jarige lewe nog en wou haar doodskiet, maar het nie meer ammunisie gehad nie. Die driemanskap het daarop van die toneel gevlug.
Mahanjana sê het ‘n koeël het Ngamiko tydens die skietery getref. Die 16-jarige meisie het huis toe gekruip en die voorval aangemeld, waarna die polisie die liggame van die oorledenes dieselfde aand gevind het.
Ngamiko is drie dae later in hegtenis geneem waar hy behandeling vir sy skietwond ontvang het. Masiya is op 9 Oktober vir onverwante aanklagte gearresteer en is later met die moorde gekoppel. Hy het Chisanko as verdagte geïdentifiseer, waarna Chisanko op 10 Oktober gearresteer is.
“Tydens die verhoor het al drie beskuldigdes onskuldig gepleit. Ngamiko en Masiya het erken die insident het gebeur, maar beweer dat Chisanako die een was wat die misdryf gepleeg het. Chisanako het ontken dat hy die dag van die voorval teenwoordig was. Adv. David Molokomme, die staatsaanklaer, het egter die trio se gemeenskaplike doel met die pleeg van die misdade met welslae bewys.”
Tydens vonnisoplegging het die verdediging toegeeflikheid vir familieverantwoordelikheid in Zimbabwe gevra. Molokomme het egter ‘n slagofferimpakverklaring, die afwesigheid van berou en vorige veroordelinge vir geweldsmisdade deur die misdadigers voorgehou.
‘Die waarnemende regter Matlapeng het tydens hersiening van die bewyse en argumente met die staat se standpunt saamgestem en die gebrek aan berou en die brutale aard van die daad in ag geneem. Hy het opgemerk dat die drie mans, terwyl hulle ‘n beter lewe in Suid-Afrika gesoek het, eerder ‘n pad van geweld en disrespek vir die wet gekies het. Boonop was dit die verantwoordelikheid van die hof om die samelewing teen sulke dade van geweld te beskerm, met die klem dat onwettige immigrante die wette van Suid-Afrika moet respekteer. Daarom het hy geen wesenlike en dwingende omstandighede gevind wat ‘n afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnisse regverdig nie.”
Die NVG het die vonnis verwelkom.