GAUTENG. – Altesaam 11 verdagtes, onder wie 10 buitelandse mans wat van onwettige mynbou verdink word, is Woensdag in Westonaria in hegtenis geneem, nadat hulle met onwettige vuurwapens en ammunisie betrap is.
Luidens ‘n verklaring deur die polisiewoordvoerder, lt.kol. Mavela Masondo, het veiligheidsbeamptes van ’n myn ’n lukrake soektog na gewapende onwettige mynwerkers uitgevoer. Hulle het twee huise binnegegaan en agt verdagtes aangekeer. Drie ongelisensieerde vuurwapens met gelaaide magasyne en ’n bottel met vermoedelik kwik is tydens die deursoeking gevind. Nog twee verdere verdagtes is met ’n AK-47-geweer met 31 rondtes ammunisie en ’n pistool met vier rondtes in dieselfde gebied in die straat aangekeer.
Polisiebeamptes het by die operasie aangesluit en die verdagtes in aanhouding geneem. ‘n Suid-Afrikaanse man is ook in hegtenis geneem nadat voorlopige ondersoeke aangedui het dat sommige verdagtes sy huurders is en dat hy vermoedelik onwettige immigrante gehuisves het.
Die vuurwapens sal ballisties getoets word om vas te stel of dit met ander misdade soos die skietvoorval in Bekkersdal op 21 Desember verbind kan word.
Die verdagtes sal na verwagting op 29 Desember op aanklagte wat die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, onwettige immigrasie, die huisves van onwettige immigrante en regsverydeling in die Westonaria-landdroshof verskyn.
Lees meer hier onder:





