LIMPOPO. – Onwettige sigarette van ongeveer R25 miljoen is Woensdag tydens ‘n operasie in ‘n pakhuis in Nirvana aangetref, waartydens ‘n verdagte (39) in hegtenis geneem is.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die verdagte man, ‘n Indiese burger, wat vermoedelik die pakhuis bestuur het, is aangekla van die oortreding van die doeane-en-aksynswet, asook die handeldryf in onwettige sigarette. Die operasie is deur die polisie en doeanebeamptes van Mpumalanga, Gauteng, Vrystaat en Limpopo uitgevoer, waartydens daar op die groot hoeveelheid sigarette beslag gelê is.
Die verdagte kom vandag (Vrydag) in die Polokwane-landdroshof voor. Die odnersoek duur voort en meer inhegtenisnemings kan nie uitgesluit word nie.





