NOORDWES. – Die Potchefstroom-polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om te help met die identifisering van ooggetuies nadat Julian Richard (24) op 28 Junie 2019 met ‘n steekwond in die nek in Nelson Mandela-rylaan naby ‘n brug na Klerksdorp aangetref is.
Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring Richard is op die toneel dood verklaar. Volgens bewerings het Richard en ’n vriend ’n klub besoek en buite gestaan toe onbekende verdagtes hulle genader en die vriend se selfoon geroof het. Richard het glo ingegryp en is met ’n mes gesteek.
Enigiemand met relevante inligting wat die ondersoek kan help, word gevra om AO Lungile Plaaitjie, die ondersoekbeampte in die saak, by 082 779 7200 te bel.





