Ooggetuies van ongeluk waarin twee sterf, gesoek

Lees ook :

Foto's: Brad Natahanson Investigations

GAUTENG. – Ooggetuies van ‘n ongeluk op 6 November 2024 na 21:00 waarin Tiaan John Swartz en Deon Lambinon gesterf het, word gesoek. Die ongeluk het op die N4 by die R80, naby die Heinrichbrug in Pretoria, plaasgevind.

Brad, van Brad Nathanson Investigations, sê die oorledenes het in ‘n wit NP200 gery en was met ‘n blou vragmotor in ‘n ongeluk betrokke.

“Tragies genoeg is albei jong mans in die NP200 dood, nadat die vragmotor reg oor die klein voertuig gery het.”

Na die tref-en-trap-ongeluk het die onbekende bestuurder van die vragmotor van die toneel weggery.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om Brad by 083 250 2007 te bel, of ‘n e-pos na [email protected] te stuur.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief