MHLASINI, KZN. – ’n Man (50) wat glo sy niggies dopgehou het, is Donderdagmiddag met ’n bierbottel gesteek.
Lees ook: Meer as 1 000 gevalle van onbekende siekte in Kongo aangemeld
Reaksie-eenheid SA (Rusa) is gebel na die meisie (21) en haar oom ’n argument gehad het terwyl hulle saam gedrink het. Rusa-lede het die man gekry waar hy met ’n groot wond aan sy bors gelê het, 200 m van waar hy gesteek is.
Volgens getuies het die meisie hom gespot oor ’n verkragtingsaak in die Oos-Kaap waarin hy in 1993 skuldig bevind is. Hulle het glo begin stry en mekaar met bierbottels aangerand. Die niggie het volgens die getuies toe ’n gebreekte bottel gegryp en hom in die bors gesteek.
Rusa-lede het die meisie ondervra en sy het gesê haar oom het verskeie kere vir haar ma en susters deur ’n venster gekyk terwyl hulle bad. Sy het gesê sy het hom daaroor konfronteer toe hulle saam gekuier het en dit het tot die argument en aanranding gelei.
Die meisie is aan die polisie oorhandig en haar oom is na ’n mediese fasiliteit geneem vir behandeling.
Bronne: Facebook
Lees ook: Meer as 1 000 gevalle van onbekende siekte in Kongo aangemeld





