SANTE FE, NEW MEXICO. – Volgens die sheriff wat die dood van die akteur, Gene Hackman, en sy vrou, Betsy Arakawa, ondersoek, het die oorledenes se liggame negatief vir koolstofmonoksiedvergiftiging getoets.
Lees ook: Gene Hackman en vrou se dood word ondersoek
Sheriff Adam Mendoza het ook gesê Hackman se pasaangeër het op 17 Februarie ophou werk, dus was die paar moontlik al nege dae dood toe hulle liggame gevind is.
Mendoza het gesê die uitslae van finale toetse en nadoodse ondersoeke is nog nie vrygestel nie, maar “daar is geen tekens van uitwendige trauma aan Hackman of Arakawa nie”.
Arakawa se ontbindende liggaam is in die badkamer gevind met pille rondom haar en ‘n verwarmer wat naby haar kop. Een van die egpaar se honde is dood in die badkamerkas aangetref.
Hackman se ontbindende liggaam is in ‘n vertrek naby die kombuis gevind, met sy sonbril langs hom.
Daar was geen tekens van vuilspel of ‘n inbraak nie, ook geen gaslek nie.
Bronne; Variety, New York Post, NBC News





