Oorsaak van Diane Keaton se dood bekend

Lees ook :

Oorsaak van Diane Keaton se dood bekend fotokrediet: X

KALIFORNIЁ, VSA. – Diane Keaton se familie het gister die oorsaak van haar dood bekend gemaak. Hulle het gesê Keaton (79) is Saterdag aan longontsteking oorlede nadat haar gesondheid skielik verswak het.

Lees ook: Bekende aktrise Diane Keaton (79) oorlede

Keaton was bekend vir haar rol in onder andere The Godfather en First Wives Club. Sy het ‘n Academy Award vir haar rol in Annie Hall gewen en is genomineer vir haar rolle in Reds, Marvin’s Room en Something’s Gotta Give.

Sy word oorleef deur ‘n aangenome seun en ‘n dogter. Die aktrise was nooit getroud nie.

Bronne: The Independent, Metro, USA Today

Lees ook: Bekende aktrise Diane Keaton (79) oorlede

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief