Brekende Nuus
Afrikaans

Oorsaak van Diane Keaton se dood bekend

Oorsaak van Diane Keaton se dood bekend 
fotokrediet: X
Oorsaak van Diane Keaton se dood bekend fotokrediet: X

KALIFORNIЁ, VSA. – Diane Keaton se familie het gister die oorsaak van haar dood bekend gemaak. Hulle het gesê Keaton (79) is Saterdag aan longontsteking oorlede nadat haar gesondheid skielik verswak het.

Lees ook: Bekende aktrise Diane Keaton (79) oorlede

Keaton was bekend vir haar rol in onder andere The Godfather en First Wives Club. Sy het ‘n Academy Award vir haar rol in Annie Hall gewen en is genomineer vir haar rolle in Reds, Marvin’s Room en Something’s Gotta Give.

Sy word oorleef deur ‘n aangenome seun en ‘n dogter. Die aktrise was nooit getroud nie.

Bronne: The Independent, Metro, USA Today

Lees ook: Bekende aktrise Diane Keaton (79) oorlede