Oorskot van anti-apartheid-aktiviste opgespoor en herbegrawe

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se taakspan vir vermiste persone het, in samewerking met die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling se WVK-eenheid, die oorskot van die anti-apartheid-aktiviste Benjamin Malesella Moloise en Abraham Zakhele Mngomezulu opgespoor en herwin.

Adv. Mthunzi Mhaga, die nasionale woordvoerder van die NVG, sê die oorskot is uit ongemerkte grafte in Mamelodi, Pretoria opgegrawe, waar die aktiviste, na hulle teregstelling vir polities gemotiveerde misdrywe in onderskeidelik Oktober 1985 en Mei 1989 sonder hul families se toestemming begrawe is.

Benjamin Moloise, ‘n ANC-aktivis, is in 1983 skuldig bevind aan die moord op ‘n veiligheidspolisiebeampte in 1982 en is in 1985 tereggestel. Hy het skuld ontken en beweer sy bekentenis is onder dwang gemaak. Die ANC het sy onskuld volgehou.

Abraham Mngomezulu, ook ‘n ANC-aktivis, is op 25 Mei 1989 vir die moord op Mandla Khoza tydens ‘n huurboikot-protes in Soweto in 1987 tereggestel. Sy vier minderjarige mede-beskuldigdes is tot tronkstraf van 8 tot 15 jaar gevonnis.

“Hierdie mylpaal is ‘n belangrike stap in die rigting van genesing, geregtigheid en versoening in Suid-Afrika,” sê Mhaga.

Die oorskot van Moloise en Mngomezulu is Saterdag by die Orlando-gemeenskapsaal in Soweto tydens ’n oorhandigings- en herbegrawe-geleentheid aan hul families terugbesorg.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief