Oorskot van Junior Mabandla moontlik gevind, nóg ‘n kind vandag opgegrawe

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Junior Mabandla (6) het op 3 Junie vermis geraak. Wat geglo word sy oorskot is, is gister in ‘n vlak graf in Pienaar ontdek. ‘n Meisie (3) wat sedert Woensdag vermis is, se liggaam sal na verwagting ook vandag opgegrawe word.

Kol. Donald Mdhluli sê ‘n verdagte (18) wat in hegtenis geneem is, is deur die gemeenskap aangerand en kry tans mediese behandeling onder polisiebewaking. Die polisie is ontbied waar die gemeenskap bymekaar was en die verdagte aangekeer het. Volgens die gemeenskap was die verdagte glo by die verdwyning van Junior Mabandla en ‘n meisie (3) betrokke. Die situasie was gespanne, maar polisielede is na ‘n plek waar die kinders moontlik begrawe kon wees.

“Die polisie is ‘n graf gewys waar die oorskot van Junior gehou is.”

Verskeie polisie-eenhede is na die toneel ontbied wat die eenheid vir ernstige en geweldsmisdade, die plaaslike kriminele rekordsentrum (PKRS), GKS en forensiese patologie, insluit.

Mabandla se familie het aangedui die klere wat saam met die oorskot ontdek is, is inderdaad hulle vermiste kind s’n.

Die man wat in hegtenis is, is nog nie aangekla nie, maar die polisie is besig met die ondersoek.

“Die polisie is vasbeslote dat daar meer kan wees wat ontdek kan word, deur ondersoek wat aan die gang is.”

Mdhluli sê die liggaam van die meisie (3) sal na verwagting vandag in Pienaar opgegrawe word.

“Ons is baie bekommerd oor die voorvalle wat onlangs in Pienaar plaasgevind het. Daar is beslis iets fout daar, maar ons wil die publiek verseker dat die polisie beheer geneem het om stabiliteit in die gebied te bring. Gespesialiseerde eenhede is ontplooi om sigbaarheid in die gebied te verhoog om wet en orde te verseker. Die oppergesag van die gereg bly egter die belangrikste en ons doen ‘n beroep op lede van die publiek om geregtigheid sy gang te laat gaan en hulle te weerhou daarvan om reg in eie hande te neem,” sê genl.maj. Zeph Mkhwanazi.

Verskeie plasings op Facebook het die verdagte geïdentifiseer en beeldmateriaal sirkuleer glo waar hy aangerand word. Hy is glo deur die die gemeenskap gedwing om self Mabandla se liggaam uit te grawe.

Foto: Mpumalanga Media

Foto: Nelspruiters – Local News & Community Hub Facebook-blad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief