Openbare kommentaar oor waterwetsontwerp gevra

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die portefeuljekomitee oor water en sanitasie doen ‘n beroep op die publiek en belanghebbendes om skriftelike kommentaar oor die nasionale wysigingswetsontwerp op water (B1–2026) in te dien. Die wet behels onder meer die billike verdeling en bestuur van waterbronne.

Verskeie wysigings aan die nasionale waterwet van 1998 word deur die wetsontwerp voorgestel. Dit fokus onder meer op ‘n meer billike verdeling van water, beter bestuur van waterbronne en die voorkoming van ongewenste gevolge wat uit private waterhandel kan voortspruit. Die voorgestelde wetgewing maak ook voorsiening vir die hersiening van die nasionale waterhulpbronstrategie elke tien jaar, asook gereelde hersiening van waterhulpbronklassifikasies, watergehaltedoelwitte en die waterreserwe. Daarbenewens bevat die wetsontwerp bepalings oor die beskerming van waterbrongebiede, die oordrag en hertoewysing van watergebruikmagtigings, nuwe beheerde aktiwiteite en die uitvaardiging van regulasies. Veranderinge aan die bestuur, lidmaatskap en transformasie van watergebruikersverenigings word ook voorgestel. Lede van die publiek moet in hul voorleggings aandui of hulle die wetsontwerp steun of teenstaan en of hulle belangstel om die portefeuljekomitee ook mondelings toe te spreek.

Skriftelike kommentaar en navrae kan aan die komiteesekretaris, Nosipho Bavuma, by [email protected] gestuur word. Die sluitingsdatum vir voorleggings is 30 Julie 2026.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief