Openbare woede ná dieretuin gesonde leeuwyfie saam met mannetjie van kant maak

Lees ook :

Openbare woede ná dieretuin gesonde leeuwyfie saam met mannetjie van kant maak
Openbare woede ná dieretuin gesonde leeuwyfie saam met mannetjie van kant maak fotokrediet: Adelaide Zoo

Lees ook: Hittegolf op pad vir verskeie provinsies

AUSTRALIЁ. – Mense is woedend omdat ‘n dieretuin in Australië ‘n gesonde leeuwyfie saam met die mannetjie van kant gemaak het na die mannetjie siek geraak het.

Die Adelaide-dieretuin het Amani en Mujambi van kant gemaak na Mujambi die naweek siek geraak het. Die direkteur van die dieretuin het gesê die besluit is geneem om Amani ook van kant te maak, want albei leeus was oud en dit sou te “gevaarlik en stresvol” gewees het om haar te skuif. Amani was 23 jaar oud en Mujambi 19. Hulle was vir 16 jaar ‘n paar.

Mense op sosiale media het die dieretuin gekritiseer en gevra hoekom ook van Amani ontslae geraak is net omdat haar maat te siek was om aan die lewe te hou.

Bronne: The Independent, ABC News, Adelaide Zoo

Lees ook: Hittegolf op pad vir verskeie provinsies

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief