KWAZULU-NATAL. – Met net meer as twee weke oor voordat die ikoniese Comrades-marathon op 8 Junie plaasvind, het die eThekwini-munisipaliteit ’n omvattende opruimingsveldtog langs die marathonroete van stapel gestuur. Duisende hardlopers en toeskouers word in Pietermaritzburg verwag, waar die marathon vanjaar sal begin.
Volgens ‘n sosialemediaplasing van die munisipaliteit is die skoonmaakveldtog daarop gemik om rommel en onwettige stortings te verwyder, asook om oorgroeide plantegroei langs die marathonroete en omliggende gebiede te snoei.
Dié veldtog is deel van ’n groter stadskoonmaak en gereedheidsprogram wat deur verskeie departemente gekoördineer word om te verseker dat eThekwini in topvorm is wanneer duisende hardlopers die betrokke Sondag die strate invaar.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





