Opvolg: Vermoorde Roedtan boer, een verdagte gearresteer

Lees ook :

Fotokrediet Heritage Protection Group

Nico (Nicky) Janse van Rensburg (35) en Veronica (Katryn) Grobler is Vrydagaand op die plaas Derde Kraal in Roedtan, Waterberg-distrik, in Limpopo aangeval. Janse van Rensburg is doodgeskiet.

Aanvallers het toe reeds glo ‘n 15-jarige seun wat saam met hulle woon, in die huis vasgebind.

Polisie in Limpopo het overpoos gewerk om een van die verdagtes van die moord en huisroof vas te trek.

Lees die vorige berig hier: Boer van Roedtan vasgebind en doodgeskiet, vrou wag deurnag vir hulp om op te daag

Brigadier Motlafela Mojapelo provinsiale polisiewoordvoerder vir Limpopo sê die verdagte is Saterdag gearresteer, maar die opsporing van die ander verdagtes duur voort.

Na bewering het vyf verdagte mans Vrydagaand omstreeks 18h00 met ‘n wit Toyota Corolla, met onbekende registrasienommer, op die plaas aangekom onder die voorwendsel dat hulle melk wou koop.

Hulle het ‘n vriend van die oorledene op die plaas gevind en hom glo met geweld die plaashuis ingedwing terwyl hy deur een van die verdagtes opgepas is.

Die oorlede-plaaseienaar en sy lewensmaat het van die dorp af tuis gekom, onwetend oor wat gebeur het, en is deur die oorblywende vier verdagtes met wapens gedreig, aangeval en aangerand.

Die verdagtes het die oorledene se lewensmaat en vriend met kabelbinders vasgemaak en geld van hom geëis. Hulle het hom ontwapen, met ‘n ysterpyp geslaan en hom gedwing om die kluissleutels aan hulle te oorhandig. In die proses het die verdagtes die slagoffer doodgeskiet.

Hulle het vuurwapens, insluitend ‘n geweer uit die kluis, selfone, ‘n skootrekenaar en ander waardevolle items gebuit voordat hulle in ‘n wit Toyota Corolla van die toneel gevlug het.

‘n Taktiese intelligensie-gedrewe operasie is deur ‘n span ondersoekbeamptes in opdrag van lt.genl. Thembi Hadebe onderneem om die beweerde verdagtes op te spoor. ‘n Wit Toyota Corolla met die beskrywing van die een wat tydens die plaasaanval deur die verdagtes gebruik is, is in Moletji, Seshego-polisiëringsgebied opgemerk.

“Die voertuig met ‘n insittende is gestop, afgetrek en deursoek. Polisielede het twee 9mm pistoolmagasyne, dertig (30) lewendige rondtes ammunisie en ‘n 9mm dubbelmagasyn gevind. Die verdagte is dadelik in hegtenis geneem.”

“Ek loof die span vir die uitvoering van hierdie arrestasie en doen ‘n beroep op ons gemeenskappe om die polisie by te staan deur waardevolle inligting oor die oorblywende verdagtes te verskaf,” het luitenant-generaal Hadebe afgesluit.

‘n 33-Jarige verdagte sal binnekort in die Naboomspruit-landdroshof verskyn op aanklagtes van moord, huisroof en die besit van onwettige ammunisie.

Enigiemand met inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, kan lt.kol. Justice Ngobeni, by 082 565 8328 of speur-ao. Sbongile Maria Lekalakala by 082 414 1822 of 082 925 2479 kontak.

Alternatiewelik kan die Stop Misdaadnommer 08600 10111, die naaste polisiestasie of die MySAPS toepassing gebruik word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief