Ortia het genoeg vliegtuigbrandstofreserwes tot 20 Januarie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die lughawemaatskappy van Suid-Africa (Acsa) sê nadat ‘n brand op 4 Januarie by die raffinadery uitgebreek het, het die Brandstofbedryfsvereniging van SA (Fiasa) hulle in kennis gestel Natref het maatreëls ingestel om ontwrigting by Ortia te voorkom en werksaamhede vlot te laat verloop. Daar is nog reserwevoorraad vir ‘n aantal dae by dié lughawe.

Acsa sê hulle werk saam met Fiasa en die National Petroleum Refiners of South Africa (Natref) om diens te verseker en ‘n onderbreking in die verskaffing van vliegtuigbrandstof te keer. Die distilleereenheid wat deur die brand beskadig is, sal na verwagting teen 21 Februarie weer aan lyn wees.

Gister (Sondag) sou 17,000m³ vliegtuigbrandstof soos geskeduleer aan Ortia gelewer word. ‘n Verdere 31,000m³ vliegtuigbrandstof sal na verwagting op 27 Januarie aan ORTIA gaan. Spoorlynaflewerings van Durban en Mosambiek word met addisionele kapasiteit gepriotiriseer en alternatiewe verskaffing kan van ander lughawens en direkte verskaffing van Natref voorsien word.

Hierdie lewering hoort volgens Acsa die brandstoftekort vanaf 20 tot 27 Januarie aan te spreek. Lugrederye, passasiers en rolspelers word verseker hierdie stappe is geneem om normale werksaamhede te laat voortduur.

“Fiasa en Natref werk saam met industrievennote, insluitend Acsa, om oplossings teen Dinsdag te hê. Die primêre fokus is om die deurlopende beskikbaarheid van vliegtuigbrandstof by Ortia te verseker.”

Acsa sal teen Dinsdag weer sê hoe die situasie daar uitsien.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief