Brekende Nuus
Afrikaans

Oscar Pistorius se parool Vrydag oorweeg

Oscar Pistorius se parool sal Vrydag deur die paroolraad oorweeg word.

Oscar Pistorius
Foto: Op lêer

Die paroolraad gaan Vrydag beslis of Oscar Pristorius op parool vrygelaat kan word.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir die DKD, sê die oorweging of Pistorius vir sosiale herintegrasie geskik is, aldan nie, sal volgens die departement se prosedurehandleiding plaasvind.

Nxumalo sê die DKD is gevolglik nie in staat om enige moontlike uitkoms te voorspel nie.

“Korrektiewe toesig en die paroolraad is onafhanklike strukture en behoort toegelaat te word om hul dienste te lewer sonder enige inmenging of invloed.”