Oud-Oakdaler sterf weens hartsiekte

Lees ook :

Oud-Oakdaler sterf weens hartsiekte. Foto's: Hoër Landbouskool Oakdale

WES-KAAP, SUID-AFRIKA. – Jurgen van Staden (20), ’n sportassisstent verbonde aan Laerskool Hartenbos, is Maandagoggend in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad oorlede.

Mosselbay Advertiser berig Van Staden het weens ’n hartsiekte gesterf. Hy is glo vanaf die begin van Februarie siek en is in Mosselbaai gehospitaliseer. Volgens berigte het hy verdere behandeling op George ontvang en is hy die naweek na die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad oorgeplaas.

Laerskool Hartenbos het op hulle Facebook-blad hulde aan Van Staden gebring. “Ons het vanoggend ’n ware vriend en kollega aan die dood afgestaan. Baie sterkte vir sy familie en geliefdes in hierdie tyd.”

Sy almal mater, Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal, het ook ’n huldeblyk op hulle Facebook-blad geplaas. Hy het in 2022 daar matrikuleer. “Jurgen was geliefd onder personeel en leerders en sy karakter van liefde, nederigheid, respek, vriendelikheid en lojaliteit het bygedra tot sy besonderse wyse van menswees.”

Jurgen laat sy ouers sowel as ’n jonger broer en ouer suster agter.

Bronne: Mosselbay Advertiser, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief